Tuisblad
Oorsig
Skool
Nuus
Kalender
Inligting
Kontak Ons

 

Preprimêr

Ons skool beskik oor ‘n Preprimêre Skool op ons terrein.  Die Preprimêre Skool is ‘n verlengstuk van die Primêre Skool en val onder die verantwoordelikheid van die Skoolhoof en Beheerliggaam, maar het sy eie hoof (vir daaglikse direkte toesig en beheer), administrasie personeel en onderwyseresse.  Daar is vyf goed opgeleide en gekwalifiseerde onderwyseresse wat gestruktureerde programme volgens die Uitkomsgebaseerde Onderwys aanbied.  Hulle gebruik ook die beste moontlike opvoedkundige apparatuur en vul dit gereeld aan met nuwes.  Vir die Graad R kleuters word daar ‘n spesiale Departementele Skoolgereedheidsprogram aangebied in klein groepe.  Die Graad R kleuters woon ook sommige aangeleenthede ( soos rekenaars ) by die Primêre Skool by vir voorbereiding vir Graad 1.  Omdat daar dus ‘n gereelde en goeie wisselwerking tussen beide skole plaasvind, verloop die oorskakeling van die Graad R kleuters na die Primêre fase sonder spanning.

Kleuters kry ook die geleentheid om aan buitemuurse aktiwiteite deel te neem.  Eksterne instansies bied klasse aan soos Monkeynastics, Superkids, Ballet en musiek na skoolure.  Kleuters word ook gereeld op interessante uitstappies geneem en neem deel aan die beplanning en uitvoering van funksies en projekte.  Vir ouers wat ‘n krisis in die middae het, bied die Preprimêre Skool ook middagsorg aan teen ‘n minimale bedrag.

Vir meer inligting kontak gerus die hoof (Mev. Eljo Botes) by 083 260 4053 of die skool  by (051) 4225097.

Skoolure:       07:00 – 12:30               Oggendprogram
                        12:30 – 17:15               Middagsorg

 

  © 2007 President Brand Primêre Skool. Alle Regte Voorbehou. Privacy Policy Disclaimer Ontwerp deur Centerweb
 
Benodig Flash Player.
Beste met 1024 x 768 skerm resolusie.