| |
Geboue en Terrein
President Brand beskik oor van die modernste geboue, met goed toegeruste klaskamers waarin ‘n puik leer-atmosfeer geskep word. Die skool beskik ook oor ‘n goed toegeruste mediasentrum en 2 puik toegeruste Rekenaarsentrums; Een word gebruik deur leerders vir navorsing en rekenaarklasse wat aangebied word en die ander een vir die leerders wat Remediërende Onderrig ontvang.
Ons beskik ook oor van die beste fasiliteite vir die aanbieding van sport en kultuur aktiwiteite, onder andere 6 netjiese weervaste tennis-/netbalbane, 4 krieketnette, 2 krieket-/rugbyvelde, ‘n netjiese gras atletiekbaan, sangklas, en so meer. Daarby is daar ook ‘n omheinde parkie waar die leerders veilig kan speel gedurende pouses en na-skool. Die hele skoolterrein word omgrens deur ‘n netjiese palisade staal veiligheidsomheining, wat dan verseker dat leerders te alle tye veilig daarbinne kan beweeg.
|
|
 |
 |