|
Buitemuurs
Sport
Ons glo in die opvoeding en ontwikkeling van ‘n kind se totale menswees en sluit dit dus die ontwikkeling van sy hele persoonlikheid, naamlik die hoof, die hart en die hand. Daarom moedig ons leerders aan tot deelname aan die volgende sportsoorte wat ons binne skoolverband aanbied:
Atletiek |
Rugby |
Landloop |
Netbal |
Krieket |
Tennis |
Skaak |
Hokkie |
Ons beskik oor hoogs gekwalifiseerde afrigters in elke sportsoort, waarvan sommige ook Provinsiale spanne afrig. Die kwaliteit van afrigting en deelname van leerders is duidelik sigbaar wanneer daar na ons prestasies gekyk word, asook die aantal Provinsiale Verteenwoordigers wat ons jaarliks oplewer. Leerders word ook aangemoedig om deel te neem aan sportsoorte wat nie deur ons skool aangebied word nie.
Kultuur
Om ‘n kind in totaliteit as mens op te voed, kan daar nie net aandag aan akademie en sport gegee word nie, maar moet die kultuur ook gevestig word. Daarom bied ons die volgende kultuur aktiwiteite aan leerders en moedig hulle aan om daaraan deel te neem:
Voortrekkers |
Grondslagfase en Senior Koor |
Redenaars |
Junior and Senior Revue |
VCSV |
|
Die kwaliteit van aanbieding en deelname van leerders is duidelik sigbaar wanneer daar na ons prestasies gekyk word, asook die aantal Provinsiale Verteenwoordigers wat ons jaarliks oplewer. Leerders word ook aangemoedig om deel te neem aan kultuuraktiwiteite wat nie deur ons skool aangebied word nie.
Ander Aktiwiteite van ons skool wat op ‘n kontrak basis aangebied word, sluit onder andere in:
Moderne Danse en Ballet |
Musiek |
Monkeynastics |
SuperKids |
Dramaklasse |
Stimulus Maksima |
|