|
Akademie
Die Akademie by President Brand word altyd eerste gestel en is dit dus ononderhandelbaar. Die personeel is ten volle opgelei om die leerareas aan hulle toegedeel suksesvol aan te bied. Personeel ontvang ook gereelde opleiding oor die nuutste verwikkelinge en hulle woon ook gereeld kursusse en werkswinkels by. Akademiese standaarde is van hoogstaande gehalte.
Ons bied alle leerareas aan, soos deur die Onderwysdepartement voorgeskryyf. Die onderrig vind plaas volgens die Nasionale beleid vir Uitkomsgebaseerde Onderwys in alle grade. Leerders word deurlopend geassesseer en vordering voortdurend gemonitor. Indien dit nodig geag word, word leerders ingeskakel by Didaktiese hulpverlening. Remediërende onderrig word ook by die skool aangebied vir leerders met leerstruikelblokke.
Ons skool beskik oor ‘n goed toegeruste mediasentrum tot die beskikking van alle leerders. Hier kan leerders navorsing doen of boeke uitneem. Rekenaargeletterdheidsklasse word aangebied vanuit ‘n goed toegeruste rekenaarsentrum met internet en die nuutste sagteware. Elke leerder kry ook die geleentheid gedurende skoolure om die sentrum te besoek. Die sentrum word ook vir navorsing deur leerders gebruik, te wete deur middel van die internet en Encarta. Ekstra rekenaarklasse word ook in die namiddae aangebied en daar word ‘n interressante program vir leerders van Gr R – 7 aangebied.
Ons skool beskik ook oor geakrediteerde toetsafnemers vir Skoolgereedheid. Hierdie dames is ervare Grondslagfase opvoeders met jare se ondervinding en is onderleg met die 6 tot 9 jarige kinders. Kontak gerus die skool vir meer besonderhede hieroor.
Buite die kurrikulum bied ons skool ook onder andere die volgende akademiese moontlikhede aan leerders:
- Challenga (Gr 1 – 3) vir geletterdheid, gesyferdheid en lewensvaardighede
- Olympiade Academica (Gr 4 – 7) in alle leerareas
- Wiskunde Amesa kompetisie en Nautilus Opleidingskampe
- Wetenskap Expo
- Entrepreneurs aangeleenthede
|