Gemeenskapsprojek
Saterdag, 19 Mei gaan die Leerderraad 'n besoek aflê aan die Universitas Akademiese hospitaal. Hulle gaan geskenkies aan die kinders daar uitdeel. Baie dankie aan elke ouer vir die skenkings en donasies wat ons so mildelik ontvang het. U bydrae gaan help om 'n verskil te maak in 'n siek kindjie se lewe.
Rugby- en Netballiga's
Die Rugby-en Netballiga's teen Jim Fouché vind eerskomende Maandag, 21 Mei plaas by hulle velde. Die buitemuurse program van Maandag en Woensdag ruil dus om. Sterkte aan al die spanne wat gaan deelneem.
Provinsiale Rugby
Baie geluk aan Charl Bodenstein (Vrystaat o/13B), Kobus Duvenhage (Vrystaat o/12A) en Daniel Grabe (Vrystaat o/12 Reserwe) wat gekies is vir die onderskeie spanne. Sterkte vir die komende naweek se wedstryde.
Skoolgeld 2012
Vir meer inligting rakende die Skoolgelde vir 2012, klik hier
PBS Aandenkings
PBS Aandenkings beskikbaar. Vir meer besonderhede, klik op Vlammie. ![]()
Daar is ook PBS DVD's beskikbaar teen R50 per kopie. Vir meer besonderhede, kontak Mnr Jasper Herbst by 083 274 8089 na 13:30.


.jpg)
